
=====================================================================
Afrikaans, jy en die Grondwet (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans, jy en die Grondwet

TOE die Grondwet van die tweede Republiek van Suid-Afrika in 1996 aanvaar is, is dit in bre lae geloof as 'n triomf. Die Handves van Regte 
wat daarin vervat is, sou aan die wreld wys hoe lyk die vrye mens in 'n nuwe tyd onder regsopsig.

Daar was egter realiste wat besef het 'n grondwet is niks meer of minder as wat hy in toepassing is nie. En daardie toepassing het in die 
laaste twee jaar die aanvanklike juigkrete tot 'n veel laer toonsterkte teruggestem.

Wat het byvoorbeeld geword van die opwindende dinge wat vir die tale van die land in die vooruitsig gestel is? Tale wat vroer nie ten 
volle tot hul reg gekom het nie, veral omdat hulle nie offisile status geniet het nie, sou 'n renaissance tegemoet kon sien, danksy die 
Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad en allerlei voorskrifte vir die Parlement, die provinsiale owerhede en plaaslike rade. Afrikaans sou sy 
relatiewe posisie teenoor Engels behou. 'n Meestertaal sou uit die bose wees.

Implementering het getoon wat implementering kan vermag. As die Grondwet byvoorbeeld voorskryf dat alle tale 'n gelyke reg op gebruik in 
die Parlement het, wil dit dan s dat hulle ook op gelykheid as verslagtale aanspraak kan maak? Die onhaalbaarheid van gelykheid van elf 
amptelike tale in 'n land gee die sentrale owerheid tog seker die reg om op een enkele administrasietaal te besluit?

Dit is hierdie toedrag op taalgebied wat 'n klompie mense van oor die hele land en vanuit alle Afrikaanssprekende gemeenskappe spontaan 
bymekaar laat kom het om te besin oor hoe die skade van implementering aan die gemarginaliseerde tale beperk kan word. Omdat hulle 
toevallig op 'n Vrydag bymekaargekom het, het hulle hulle self vir verwysing die Vrydaggroep genoem. Hulle doel is om hulle met doendinge 
besig te hou.

Een van die uitkomste van di besinning was 'n versoek aan prof. Rassie Malherbe van die RAU se regsfakulteit,   iemand wat 'n aktiewe rol 
in die totstandkoming van die Grondwet gespeel het, om 'n brosjure op te stel wat die regte waarop byvoorbeeld Afrikaans kragtens die 
Grondwet aanspraak kan maak, vir massaverspreiding op te stel.

Op 4 Februarie het di dokument die lig gesien as 'n los toevoeging tot Huisgenoot. Di wye verspreiding is moontlik   gemaak deur 'n gul 
borgskap van Naspers. Dit is as eerste openbare projek van die Afrikaanse Oorlegplatform geloods. Prof. F.I.J. van Rensburg,   
emeritusprofessor van die RAU se Departement Afrikaans en Nederlands en lid van die Vrydaggroep.

Afrikat en demokrasie ...

  ...
Afrikat
Is lam en tam.
Eers kom Kriegler
toe kom Bam.
Die verkiesing --
liewe vader --
kom reeds by die dag
al nader.
Nou kou hy sy naels
aan repies:
Hy't geen ID-boek met strepies --
Ja, in di demokrasie
Is g'n plek vir katte nie.

Vers: Philip de Vos   Tekening: Cora Coetzee      Afrikat en demokrasie ...

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av612.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

